Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Drie Provinsies - 29 Maart 2008

Julie, Christi, Pierre, Ruan, Henk, Alma, Lesia, Pierre, Nic, Dawie, Ezeré, Markus, Edna, Milton, Bessie, Bester, Roy, Sarie, Mara, Elize, Hendrik. Paul en Karel het foto's geneem.

Die plaasopstal is in die bos bome net voor die grasvlakte.

By die waterval. Die stroompie stort omtrent 20 meter na onder.

Hier het ons gestop om die 'Vingerpolle' van naderby te beskou. Dit is die groot bolvormige plante op die foto.

Die vingerpolle. Maar dis net vir kyk, vra maar vir Simonique hoe geniepsig daardie dorings kan wees....

Die uitsig van bo van Helshoogte af. Ons het besluit dat die voertuie wat onder gesien kan word, eerder die ompad moet ry.

Net die twee Cruisers het Helshoogte aangepak, en selfs met albei 'lockers' aan het dit maar erg gesukkel om bo uit te kom.

By hierdie punt ontmoet die provinsies van Mpumalanga, Kwazulu-Natal en Vrystaat mekaar.

Langkrans! As die aarde plat was, sou hierdie een van die eindpunte gewees het.....

Net 'n paar meter ondertoe is die nes van die witkruisarende. Hulle het ons heeltyd vanuit die lug dopgehou.

Roy en Sarie het weer vir Jan-Bloed ingespan vir hierdie uitstappie.

Nic het vir Bester as navigator gehad.

Paul en Elize se Cruiser vat die trappe aan oppad na die waterval en amfiteater.

Milton en Buks het deurentyd die agterhoede gedek.

Ezeré en Edna by die trappe. Dit was heelwat steiler as wat die foto wil weergee.

Ruan net na die trappe. Dit was Ruan se eerste uitstappie, en hy het die vuurdoop met vlieënde vaandels geslaag.

Pierre teen Helshoogte. Die nuwe Cruiser moet seker wonder waarvoor hy homself ingelaat het....

Dit was ook Henk en Alma se eerste uitstappie saam met ons. 'Tamatiesous' het die roete ook baie goed hanteer.

Dawie, Lesia en Karel het, soos altyd, weer stil-stil uitgeblink.

Amper op die einde het die roete weer 'n interessante knoop in sy stert gehad. Hier kom Milton in die sloot af wat redelik goed uitgespoel het. Dan was dit nog redelik steil afdraande ook.....

Die einde is in sig, en die konvooi kronkel teen die een van die laaste bulte af.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011