Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


3 Provinsies - 24 Februarie 2007

Markus en Paul by die vuurmaakplek by die kamp. Daardie stompe het 'n ordentlike vuur tot gevolg gehad, en die volgende oggend het die kole nog gegloei.

Desember 2006

Mari, Elize en die kinders by die waterval.

Desember 2006

Bester oppad terug van die waterval af. Hierdie gedeelte was ook redelik uitdagend, en het heelwat vernuf geverg om baas te raak.

Desember 2006

Ezere het hier nog vir sy Hilux gewag, en die Ssang Yong het maar redelik pakslae gekry op gedeeltes van die roete.

Desember 2006

Die Musso het tot by die heel laaste stukkie van Helshoogte gevorder, waar grondvryhoogte hom bietjie in die steek gelaat het.

Desember 2006

Bester ook op die finale gedeelte van Helshoogte. Daardie V8 Diesel se wringkrag was ongelooflik teen hierdie berg uit.

Desember 2006

By die grens van die drie provinsies, met die baken wat die punt aandui agter die voertuie.

Desember 2006

Hierdie baken dui die grens van die drie provinsies, Transvaal, Vrystaat en Natal, aan.

Desember 2006

Die 'konvooi' net nadat ons Helshoogte uit is.

Desember 2006

Die uitsig vanaf Langkrans. Nee, die foto is nie uit 'n vliegtuig geneem nie!

Desember 2006

Langkrans. Die hoogte en die uitsig is asemrowend, met die broeiplek van 'n paar Witkruisarende 'n entjie links van hier af.

Desember 2006

'n Klompie van ons bo-op Langkrans.

Desember 2006

Die uitsig vanaf Langkrans is onbeskryflik.

Februarie 2007

Johann en die Disco oppad na die waterval. Hierdie gedeelte is aansienlik meer uitdagend as wat die foto's vertel.

Februarie 2007

Ezere het uiteindelik sy Hilux gekry, en het baie breed geglimlag. Hier is hy ook oppad waterval toe.

Februarie 2007

By die waterval. Ongelukkig was dit redelik droog, en dit was 'n geval van meer val as water. Die val is egter omtrent 12 meter hoog.

Februarie 2007

Johann oppad terug van die waterval af.

Februarie 2007

Bo-op een van die hoogtes. Daar is verskeie plekke wat pragtige uitsig bied.

Februarie 2007

Johann en Elize in gesprek. Ouboet het intussen 'n opgradering gehad met 'n ARB 'bullbar, winch en spotlights'.

Februarie 2007

Die Discovery op 'n makker gedeelte van die roete.

Februarie 2007

Die du Plessis' is baie in hulle skik met die nuweling in hulle geledere, 'n Hilux 2.4D.

Februarie 2007

Johann en Disco teen 'n steilte af. Die Land Rover 'traction control' het dinge heelwat makliker gemaak.

Februarie 2007

Hier het ons na die Vingerpolle gekyk. Vingerpolle is vetplante wat 'n bol met 'n deursnee van tot 1,5 meter maak.

Februarie 2007

Johann op die laaste gedeelte van Helshoogte. Johann kan werklik se hy het 'n helse vuurdoop teen Helshoogte gehad.

Februarie 2007

Ezere het die Hilux ongestoord teen Helshoogte uitgebring, alhoewel klipharde bande dinge 'n bietjie bemoeilik het.

Februarie 2007

Die Hilux en die Disco teen 'n steilte.

Februarie 2007

Dit is Volksrust wat daar le, omtrent 15 kilometer van ons af. Die kamera se 'zoom' het die dorp effens nader getrek.

Februarie 2007

Paul teen 'n redelike bult uit. Die roete is eintlik in die ander rigting, teen die steilte af, maar party mense moet mos altyd anders wees.

Februarie 2007

Ezere ook oppad in die verkeerde rigting. Sommige van die bulte is baie meer uitdagend as jy onder omdraai en terug op ry.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011