Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Baboons Pass - 13 Desember 2008

By die oornagpunt in Roma, min wetende wat regtig vir ons voorlę.

Hier het iemand voornemende avontuurlustiges probeer waarsku oor wat op hulle wag ......

Roy en Sarie laat vir Jan Bloed sweet teen die berg uit.

Milton kyk terug na die gespartel agter hom. Hy was tweede in die konfooi, met Pierre voor hom, Gerhard agter hom en Roy wat die agterhoede gedek het.

Jip, dit is die pad hierdie. Snelweg, Baboons styl!

Gerhard se Cruiser verskyn oor die bult.

Hier moes eers 'n paar los klippe uit die pad gerol word. Die klippe rol van bo teen die berg af.

Roy kry momentum vir die klim wat voorlę. Selfs op die foto lyk dit styl....

Nie eers die Old Man Emu's kon Pierre se Cruiser oor hierdie klip kry nie, en die aluminium trappe moes dit ontgeld.

Roy by dieselfde klip waar Pierre gehaak het.

Milton by een van die 'maklike' gedeeltes.

Die glimlag sę alles!

Gerhard pak nog 'n stuk 'Baboons Highway' aan.

Terwyl Milton asemskep, bedink Gerhard die beste lyn deur hierdie gedeelte.

Vier trotse en gelukkige manne by hulle rygoed.

Met Baboons Pass agter die rug het ons oornag in 'n stukkie paradys genaamd Maletsunyane Falls, 'n waterval van digby die 200 meter.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg Š 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011