Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Black Rock - 17 Oktober 2006

Swazi het intussen van eienaars verwissel - Casper het die ingevoerde 2.8D Hilux by Bester oorgeneem.

Milton en Bester oppad teen 'n nukkerige bult uit met Borrie, die SVM.

Pierre se GX80 Cruiser se 32'' tekkies was net die regte ding vir die sand.

Adam enKalander, sy Geländewagen.

Bester en Bessie. Met 'n Chev 6.2l Diesel V8 is Bessie 'as strong as Russia'.

Kobie het die V6 goed aangewend in die sand. Hier is die Kalahari Ferrari vol stoom oppad deur die dik sand.

Neil en Pop Rivet teen die bult op. Hierdie was deel van die pad na een van die strande toe, en nogal redelik uitdagend.

Bester laat Bessie se V8 brul teen die sandbult uit.

Borrie se dryfasboute het losgekom, en Milton het sodoende op sy rug onder die SVM beland.

In die kamp. Albert deel 'n staaltjie met van die klublede terwyl Milton Borrie se dryfasboute vasmaak.

Almal is rustig aan die gesels om die vuur terwyl die vleis gebraai word.

Oggend in die kamp. Die Pretoriuse en die Slabbers se tente staan langs mekaar terwyl die van Aswegen opstal links sigbaar is.

Die van Aswegens aan die roer om gereed te maak vir die strand.

Die Stephansen laer word deur 'n klomp besoekers oorval.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011