Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


AJV in George - 14 & 15 maart 2008

George soos gesien van bo van die Outeniquapas. Na 14 uur op die pad was dit 'n uiters welkome gesig.

Die opstal van die plaas Bonniedale, waar ons 'n gedeelte van die Attakwaskloof Ossewaroete gery het.

Bester gesels met Dicker en Holde van die Velddriftak, terwyl die Durbaniete in die agtergrond wag om te vertrek.

Die Kaap weet miskien nie baie van rugby af nie, maar hulle ken van 4x4's, dis verseker! ;-)

Die roete het die voertuie nogal laat skud, ja, maar dink net hoe moes dit in 'n ossewa gevoel het!

Ons Valies kan maar net droom oor sulke berge....

Die voertuie wat ons op die roete geneem het: Ben se Ford Courier, Steve se Hilux, Gavin se Isuzu en Johan se Cruiser.

Plek-plek het die roete verspoel na onlangse swaar reen.

Een van die legio proteas wat ons op die roete gesien het.

Ben, voorsitter van die Tuinroetetak, en Johan (in die Cruiser, ook van Tuinroetetak) bespreek hulle strategie vir die res van die dag.

Johan se Cruiser op die Attakwaskloof ossewaroete. Ons het nie eers nodig gehad om ons valstande te verwyder nie...

Ben (Tuiroetetak, met kamera) deel 'n stukkie van die ou fort se geskiedenis met Jan (Swazilandtak, bo-op muur), Stuart (FWDCSA nasionale voorsitter) en Gavin (Tuiroetetak)

Gavin draai om nadat ons die einde van ons gedeelte van die roete bereik het. Met beperkte tyd tot ons beskikking kon ons nie die hele roete voltooi nie.

Volgens een van die plaaslike manne kom hierdie spesifieke suikerbekkie net in die fynbosgebiede voor.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011