Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Holnek - 25 Februarie 2006

Verskeie strome en spruite sorg vir pragtige natuurskoon op 'n waterryke Holnek.

Die terreinvariasie kan duidelik waargeneem word. Milton, Gerhard, Nic en Adam is nog oppad.

Gerhard, Adam en Roy lei die konfooi.

Bester het intussen 'n 'proper' digitale kamera aangeskaf. Nou kliek hy vir die vale!

Gerhard benader een van die steiltes katvoet.

Pitstop

Ons moes gereeld stop vir foto's en om net die natuurskoon te waardeer.

Een van die tweeling watervalle. Kyk waar staan Mari, net om 'n beter indruk van die grootte van die val te kry.

Hier staan die groep aan die bopunt van een van die valle. Die 'val' is omtrent 25 meter.

Swemtyd!

Milton, Gerhard en sy seuns het die geleentheid gebruik om in die natuur te stort. Die water was bloukoud!

Die welige plantegroei onderaan die watervalle sorg vir goeie foto geleenthede. Gerhard kry nog steeds nie koud genoeg nie...

Moeilikheid

Baie reën het hierdie deel van die roete in 'n moeras verander. Deur moes ons deur!

Adam en Dampies het net soveel modder op hulle gehad as wat die Jeep op gehad het.

Milton en ou Gogo vat die modder aan.

Milton en Gerhard bespreek hulle strategie vir die moeras.

Adam en Ina by die Jeep. Adam spog met sy moddersproei.

Ou Gogo het erg gespartel in die modder. Die vet tekkies het dinge darem vergemaklik.

By die kamplek. Ons het gesit en luister hoe die Bulls die Nieu-Seelanders in die Super 14 aanvat.

'n Groot vuurmaakplek en gerieflike ablusie het die aand se oorslaap 'n plesier gemaak.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011