|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die berg lê voor. Die konfooi is hier nog op die vlakte duskant die berg. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die pad kronkel teen die berg op. Dit help darem dat die helling nooit ernstig steil raak nie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die voertuie op verskillende gedeeltes van die kronkelroete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Quinton is hier amper by die eerste hek, waar ons die eerste keer gestop het. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons eerste 'pitstop'. Dit was op die rand van die indrukwekkende krater aan die agterkant van die berg. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die twee kinders se pienk klere staan uit teen die groen agtergrond. Milde reën het verseker dat die wêreld grasgroen is. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar was 'n trop skape bo-op die eerste plato. Links van die voertuie is 'n reuse krater wat lyk asof dit deur 'n meteoriet veroorsaak kon gewees het. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Steeds op die plato, oppad na die laaste uitkykpunt. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie gedeelte van die pad is baie lanklaas gebruik, en was al amper heeltemal toegegroei. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier was weer 'n 'Kodak Moment'. Ons het gestop om bene te rek en foto's te neem. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons eie persoonlike bobbejaantjies speel tussen die klippe. Die kinders was almal pootuit na die uitstappie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die jongmanne was hier nog vol energie, voordat die dag se speel sy tol begin eis het. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons het hier middagete geniet. Sekerlik een van die 'restaurante' met die mooiste uitsig in die wêreld! |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Net soos by die Drie Provinsies roete het ons hier ook 'n klompie Vingerpolle opgemerk. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons het baie verskillende blomsoorte raakgeloop. Dit was amper soos 'n mini-Namakwaland op party gedeeltes van die roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die miswolke en die reënwolke se danspassies was net so indrukwekkend soos die uitsig. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
'n Prentjie is partymaal meer werd as 'n duisend woorde.... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kiepersol bome is gladnie 'n ongewone gesig hier op die berg nie. Hierdie boompie staan teen die pad, en sal oor 'n paar jaar welkome skaduwee gee. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die Skepper weet net hoe om die kleure te meng.... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
'n Groot bonus! Twee Bloukraanvoëls het luidkeels aangedui dat hulle nie ons teenwoordigheid goedkeur nie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Neil kom parkeer by ons middagete stop. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die hele spul bymekaar. Quinton en Paul snr moes ongelukkig al terug draai weens ander verpligtinge. Ons kon nou nie almal niks doen nie...... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Karl en Olaf kyk na 'n waterval in die verte. Die waterval word deur reënwater gevoed, en is nie altyd aktief nie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar is geen pad tot op die verste punt nie, en ons kon dus nie tot daar ry nie. As die reën ons nie gevang het nie, sou ons te voet tot daar gegaan het. Maar nou ja..... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Een van die talle vetplantspesies wat ons raakgeloop het. |
|
|
|
|
|
|
|