Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Nhlangamvula - 26 November 2005

Op julle merke!

Hier staan die konfooi gereed om die roete aan te durf.

Die berg lê voor:

Hier hergroepeer ons voordat 'n modderige stuk aangepak word.

Twister!

Hierdie 'donga' het dinge effens interessant gemaak. Die foto verbloem 'n bietjie die helling wat Gerhard hier moes af.

Uitsig:

'n Foto is soms beter as 'n duisend woorde....

Die Kombuis:

Nou ja, as jy nie kan vuurmaak sonder om die natuur te beskadig nie, dan maak jy 'n ander plan. Bester het almal se wors agterop sy bakkie gebraai.

Die kranse:

Erens in die 70's het 'n vliegtuig anderkant hierdie kranse in die berg geval. Dit kos 'n stewige stap om by die wrakstukke uit te kom.

Waterval:

Hierdie tydelike waterval lyk asof hy homself aan die gang hou soos wat die wind die water terug op die berg waai.

Waterval:

Onshet almal konsensus bereik dat die waterval ten minste 40m hoog was. Naastenby, plus-minus, ongeveer.....

Pitstop:

Die groep vat 'n breek om die groentjies 'n bietjie te laat asem skep.

Kranse:

Hierdie kranse troon ongeveer 50 meter loodreg bokant die groen uit.

Pitstop:

Nog 'n blaaskans. 'n Deel van die groep is reeds deur die sloot, en die res beplan nog die operasie.

Modder:

Hierdie stukkie was meer uitdagend as wat dit aanvanklik gelyk het. Hier speel Roy en Jan Bloed egter vinng klaar met die gladde spul.

Heyshopedam:

Hier lê Heyshopedam in die verte.

Bos toe!

Hoog teen die hang van die berg is 'n redelike digte bos waardeur ons moes gaan. In warm sonskyn glo ek sal hierdie 'n welkome stopplek in die skadu bied.

Bo-op die berg:

Die eerste stop bo-op die berg, en hier waai ons toe amper weg. Die uitsig het egter gemaak dat min hulle aan die sterk wind gesteur het.

Bo-op die berg:

Die hele spul bymekaar, en niemand kon uitgepraat raak oor die uitsig nie. Kan 'n mens regtig so ver sien?


Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011