Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Inkunzi 4x4, Ermelo - Desember 2005

Jaco durf die wipplank aan. Die bakkie was nog vars in sy besit, en hier het hy dinge nog rustig gevat.

Pierre (GX80) en Roy staan in die ry vir die wipplank. Dit is die eerste hindernis op die baan.

Pierre is oor en gereed vir die res van die baan. Hierdie Cruiser stuit vir geen duiwel nie. Of is dit die bestuurder?

Roy in een van die 'twisters'. Hierdie is 'n 1984 Land Cruiser wat lyk asof dit niks ouer as 2 jaar is nie. Kan egter menige stories vertel...

Pierre en gesin by een van die gate.

Paul geniet die Hilux en Lexus V8 grensloos.

Bester by een van die skuinstes. Party manne het gedog dis 'n Nascar wedren soos wat hulle hier spoed gegee het.

'n Paar van die PR 4x4 klublede op die damwal.

Jaco takel een van die gate, met passasiers wat effens ongemaklik voorkom.

Roy aan die anderkant van die modder. Jy sal nie glo waar die modder oral inkom nie.

Pierre oppad onder toe in een van die gate.

Paul en Hilex in een van die 'twisters'.

Paul verkeerde kant toe oppad nadat hy eers 'n quad uit die modder moes sleep wat die hele konfooi opgehou het.

Jaco oppad uit die gat uit. Die bakkie is ook nie meer so skoon nie.

Bester in een van die gate. Die 'steering box' het losgekom, en die bakkie het toe sy eie rigting begin inslaan. Gelukkig darem nie enige skade nie.


Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011