Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Ponta Malongane - 23-26 Augustus 2007

Die grenspos. Ons is pas deur en die foto is van die Mosambiek kant af geneem. Hier hou die pad op, en dit is slegs 'n tweespoor sandpad verder aan.

Hierdie stukkie pad is 'n baie goeie voorbeeld van die '4x4' gedeelte van ons uitstappie.

Dampies, Bossie en Heever het die koue getrotseer en vroeg-vroeg gaan natword.

Dagbreek, Sondagoggend. Dit was nog mooier om dit self te beleef.

Die 'grotes' het weggekom terwyl ons daar was.

Hierdie foto van Johan laat jou verlang na mense wat jy nie ken nie.

Die duikkamp se dakke is die enigste teken van 'n groot kampterrein wat van die see se kant af waargeneem kan word.

Die De Bruins en Britse se 'Home-Sweet-Home'.

Die van Aswegens se basis vir die naweek.

Die du Plessis', Pretoriuse, Moutons, en Johan Liebenberg almal op een hoop saam.

Ponta Malongane se 'dorp'. Nie eers 'n Hilux is bestand teen Mosambiek en die see nie.

Hierdie rietgeboue word gebruik vir enigiets van behuising tot negosiewinkels en 'shebeens'.

Hierdie winkel het verskeie baie mooi items gehad, alles met die hand uit hout gesny. Let op na die CD rakkies in die voorste ry.

Tussen Ponta Malongane en Ponta d'Ouro. In die verte kan jy al Ponta d'Ouro sien.

Hierdie is die hoofpad tussen die twee Pontas. Daar was gerugte van 'n teerpad in die omgewing, alhoewel ek dit nie kan bevestig nie.

Die buitewyke van Ponta d'Ouro. Hier staan paleis en pondok sy aan sy, en die tekens van die burgeroorlog kan nog oral gesien word.

Van die minder-luukse huise in Ponta d'Ouro se hoofstraat......

Van die voertuie in die konfooi, geparkeer by Ponta d'Ouro se strand.

Die baai by Ponta d'Ouro is uiters geskik vir watersport, en daar is heelwat Jet Ski's in die see gewees.

Watertandlekker! Ons het gaan uiteet by 'n seekosrestaurant, en alles was baie smaaklik, maar die kreef was uitsonderlik.

Die pad noord van Ponta Malongane. Die weer was nie heeltemal gunstig vir swem nie, en ons het heelwat rondgery. Daar is baie stilhouplekke wat 'n ongelooflike uitsig oor die kus bied.

Campismo Ninho is 'n kampeerterrein tussen Ponta Malongane en Ponta d'Ouro. Hierdie dek is deel van 'n klein restaurant en kroegie by die terrein.

'n Groot gedeelte van die groep van ons wat saam was. Daar was 'n paar mense wat by die kampplek agtergebly het, onder andere om te hengel.



Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011