|














| |
Program - 2011
Hier is ons voorlopige program vir 2011. Hou maar gereeld
hier stil om te bevestig. Dinge kan partymaal op kort kennisgewing verander.Kliek
gerus op die datum van die volgende uitstappie (grootdruk) om meer inligting oor
die bestemming en die reëlings te bekom.
| 1 Maart |
Eerste ledevergadering, en seker die belangrikste een van die jaar.
Hier stel ons die ledegeld, jaarprogram ensovoorts vas, so kom sê
jou sê. |
|
26 Maart |
Sandspruit Boeredag, naby Volksrust. Hierdie byeenkoms is jaarliks
'n groot sukses en ons wil dit graag as klub bywoon hierdie keer. |
| 22-27 April |
Kosibaai. Die datums en kampeerterrein moet nog bevestig word. |
| 16-18 Junie |
Swaziland Regularity Raid!! |
| 16 Julie |
Stiptheidsuitdaging 2011, in samewerking met die AP Kerk se
Hoeka-Toeka Veteraanmotorskou |
| 1 Oktober |
Daar is weer 'n volwaardige, hardebaard, groot kaliber,
ratkasbreker, appelkoosmaag Reënboogfees 4x4 uitdaging by ons
hindernisbaan! |
| Desember |
As gevolg van die Kerstyd en die meeste mense wat op verlof gaan
wees, word niks amptelik gereël vir Desember
nie. Enige gebeure vind maar op kort kennisgewing plaas. |
Tensy daar ander reëlings getref word, vertrek ons
gewoonlik om 7h30 die oggend vanaf die Sasol parkeerterrein in Piet Retief vir
daguitstappies. Vir naweek uitstappies vertrek ons gewoonlik op die Vrydagmiddag om 14h00, ook vanaf die Sasol parkeerterrein.
Vir meer inligting oor ons bedrywighede kontak:
Four Wheel Drive Club of SA - Piet Retief
Posbus 102
Piet Retief, 2380
Pierre: nul-agt-twee-784-0291
Milton: nul-agt-twee-900-9144
E-pos:
info@pr4x4.co.za
|