Tuisblad
Erekode
Nuus
Program 2011
Lede
Uitstappies 2011
Uitstappies 2010
Uitstappies 2009
Uitstappies 2008
Uitstappies 2007
Uitstappies 2006
Ander Takke
Terugvoer
Skakels

 

 

 

Kliek op die foto's hier onder om dit te vergroot. Om terug te keer na hierdie bladsy, kliek op die 'Back' knoppie bo-aan die skerm of druk die 'Back Space' knoppie op die sleutelbord.


Skurwerante 4x4 - 27 Januarie 2007

Dit was die eerste keer dat Dieter en Bernd saamgekom het op een van ons uitstappies. Hier is hulle net deur die rivier.

Nuwe lede! Alhoewel Arno, Welma en kinders al voorheen saam met ons was, was hierdie hulle eerste uitstappie as lede.

Nic en sy passasiers het rede om te glimlag. Hulle lag so lekker want dit IS so lekker!

Mike en sy vriendin was ons gaste vir die dag. Die klein Pajero IO het nie sleg gevaar nie, alhoewel 'n bietjie meer hoogte heel nodig was op sommige plekke.

Dit was die eerste keer dat Elize '4x4' bestuur het, en kan nie wag vir die volgende uitstappie nie. Lyk my arme Paul is nou 'bevorder' tot navigator.

Ezere en Edna se Hilux is amper hier, en intussen moet die Ssang Yong nog die fort hou.

Bester en Mari se V8 Cruiser het weer gesorg vir die 'sound effects'. Man, dit klink darem maar mooi!

Nog 'n nuwe lid, Emson, wag terwyl Bernd deur die rivier gaan. Dit was ook Emson se eerste uitstappie saam met ons.

Adam, Dampies en Kalander lyk meer soos 'n boot as 'n voertuig deur die water.

Die konfooi het hier gestop om die verstommende 'Skurwerante Gorge' gade te slaan.

Met Ezere en Nic in die foto kan jy duidelik die afmetings van 'Aladdin se Lamp' sien. Dit is maar een van vele asemrowende rotsformasies.

Die toekoms van 4x4 lyk goed. Die kinders was die heel dag uitgelate bedrywig waar ons ookal gestop het.

Pitstop! Daar was nie regtig 'n veilige plek om te braai nie, en hier het ons toe sommer in Adam se gasbraaier die vleis en wors gebraai.

'n Deel van die groep om die 'braai'. Nic is darem nie gewoonlik aan die popspeel nie!

Mari, Elize en Edna met ons eie Klubhemde.


Stuur e-pos aan info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings oor hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2011 FWDCSA - Piet Retief
Laaste veranderings: 12/09/2011