|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die konvooi oppad na die kampplek. Hier moes ons eenvoudig eers stop vir 'n paar foto's en om die uitsig te bewonder. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die twee agterste voertuie is Gert en Ewald, albei van die Swaziland 4x4 Klub. Hulle was ons gaste vir die dag. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nog 'n foto oppad na die kampeerterrein. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gerhard en sy gesin sweet nog daagliks om die kampeerterrein klaar te kry. Hulle wag nou vir goeie dekgras om die dakke klaar te maak. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie is die lapa. Die speenvarkie is reeds op die spit. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
'n Klompie van die voertuie in die 'parkeerterrein'. Agter die voertuie is baie plek vir tente. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die uitsig vanaf die kampeerterrein. 'n Mens kan die heel dag op een van die klippe sit en staar na die ongelooflike gesig. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die kampeerterrein. Regs is die ablusieblokke, die lapa in die middel en die pakkamer links. En ons staan nie op die pakkamer se dak nie, dit is 'n reuse rots agter die geboutjie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op die roete. Hier en daar is 'n effens tegniese gedeelte, maar Gerhard het nog baie planne vir manne wat meer uitdagings soek. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die roete is huidiglik so 4 kilometer lank, maar met al die stopplekke langs die roete het dit ons ongeveer 3 uur lank besig gehou. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Daar is 'n paar spruite wat geen probleme gegee het nie. Ek glo egter dat dit in die reenseisoen 'n ander storie kan wees...... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die uitsig op 'n gedeelte van die roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die kompleks links bo in die foto is die Itsjelejuba hospitaal, op die pad tussen Piet Retief en Pongola. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kyk na die effek van oorbeweiding. Links is Swafari grond, regs is gemeenskapsgrond. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jy kan ver in die spruit oploop, en die natuurskoon is onbeskryflik. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Een van die watervalletjies in die spruit. Die water is silwerskoon en yskoud, en net die ding om jou dors te les na 'n klim teen die kop uit. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gerhard en Doranda se kinders geniet hulle eie stukkie van die paradys. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
'n Gedeelte van die groep wat saam was. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie aalwyn is deel van 'n groot verskeidenheid plantegroei. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die baas homself. Gerhard kan baie trots wees op hierdie 4x4 projek waarmee hy tans besig is. |
|
|
|
|
|
|
|