|
|
|
|
|
|
|
|
|
Pierre, Jaco en Milton nog oppad na die begin van die harde gedeelte. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Van regs af: Nic, Rudi, Gerhard, Roy, John, Riaan, Dawie, Paul. Van hier af is net 5 van die voertuie verder op die roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Borrie en Bloubul is reg vir aksie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Herman, Roy, Dawson en Gerhard aan die onderpunt van die roete, met Borrie, Bloubul en Buffel in die agtergrond. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier spook Gerhard om vir Bloubul om die rots te kry. Daar is heelwat sulke rotse in die pad. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gerhard en Dawson in Bloubul, net deur die spruit oppad terug teen die berg op. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Milton agter Buks se stuur oppad teen die berg af. As gevolg van sy grootte het Buks 'n paar skilfers verf teen een van die rotse agtergelaat. Een van daai dinge....... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Amper bo. Terwyl Pierre 'n ogie hou begin Milton met die laaste, en moeilikste, gedeelte van die roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Buks se Cooper STT bande het hulle goed van hulle taak gekwyt. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
'n Kombinasie van banddruk, voertuiggewig en rowwe terrein het gesorg dat die band van die velling afgeklim het. 'n Rukkie later was Buks egter weer aan die brul teen die berg op. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Met Milton se sweet en Paul se winch en kompressor was Buks se band gou weer opgepomp en aan die klippe skop. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Mnumzane se Old Man Emu's het hulle kant behoorlik gebring en gewys hulle is gretig om 'n bietjie 'litte te rek'. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Pierre en Buffel het nie veel gesukkel teen die berg op nie. Die groot BF's, dubbele ewenaarslotte en die Lexus V8 het korte mette gemaak van die roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Buffel se hoë grondvryhoogte het goed te pas gekom oor die moeiliker gedeeltes. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Rotse soos die is aan die orde van die dag op die Zendelinspos roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hier kan duidelik gesien word hoe hard die bande moet werk tussen die legio klippe en rotse. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Roy vat vir Borrie teen die berg af. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die kombinasie van V6 krag, groot bande en hoog spring oor die rotse het ongelukkig veroorsaak dat Borrie se agterste ewenaar skade opgedoen het. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Roy en Borrie onder by die spruit. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die uitsig van bo af. Dit is naby die Nhlangampisi roete wat ons in November 2007 gery het. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
'n Natuurlike plantegroei tonnel het die son darem effens in toom gehou op hierdie stukkie van die roete. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jip, dis die pad hierdie! |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bester en Kobie bespreek die sielkundige toestand van mense wat op paaie soos hierdie ry.... |
|
|
|
|
|
|
|