|














| |
FWDCSA Piet Retief Erekode
Alhoewel ons ook hou van rof speel in die hindernisbaan, is dit nie die
primêre doel van die klub nie. Die klub is daargestel
om die hele gesin te betrek, en om die ongelooflike natuur wat ons Skepper aan
ons gegee het, te waardeer, te geniet en te bewaar.
Ons Erekode
- Ek aanvaar die verantwoordelikheid wat gepaard gaan met die
gebruik van 'n 4x4 voertuig, en verbind myself tot die wette en rëels
wat daarop van toepassing is.
- Ek besef dat my optrede en gesindheid
die hele 4x4 gemeenskap nadelig kan affekteer, en verbind myself tot die
verantwoordelike gebruik van my voertuig.
- Ek respekteer die eiesoortige wyse
waarop ander die natuur geniet en sal ten alle tye bedagsaam en onselfsugtig
optree op sowel openbare as private eiendom.
- Ek waardeer dit wat ons van ons
Skepper ontvang het, ek sal my beywer vir die
voortbestaan van ons natuur-erfenis deur die sorgvuldige en bedagsame
benutting daarvan.
|