|
|
|
|
Ons Lede Onder is 'n lys van ons huidige lede en hulle voertuie. Kliek op die naam vir 'n moontlike foto en kliek op die 'Back' knoppie of druk 'Back Space' om terug te keer na hierdie bladsy nadat jy die foto beskou het. Kobus en Riekie Botha. Die Patrol is daar vir die lang pad. Dan was die Pajero al saam Ponta toe ook. Rudi en Marinda Brits. Rudi en Marinda is hier om Pajero se naam hoog te hou. Casper en Gezina Broodryk. Swazi, die ingevoerde Toyota Hilux 2.8D hetplek gemaak vir 'n nuwer 2.7 petrol model. Dawie en Lecia de Bruin. Hierdie Hilux het 'n verbasende vermoë om op snaakse plekke op te kruip, maar enige vrae aan Dawie word net met 'n geheimsinnige glimlag begroet. Rian en Santie Du Toit. Rian en Santie is ewe gretig om die Isuzu se stuurwiel te vat. Karl en Uschi Filter. Karl is ons kommunikasie- en elektronika-ekspert, en 'n Geländewagen fanatikus. Rudi en Natasha Klingenberg: Rudi se Hilux het ook Lexus V8 krag, en grondvry hoogte om van te droom! Pierre en Julie Mouton. Pierre se 4500EFI Cruiser, Witblits, het intussen vir Stimela, die 4.2 diesel,vervang. En Buffel, die hoë Hilux met Lexus V8 krag, is net die regte ding vir die 'hooligan' in die klub. Dan het die Prado ook al vuilgeword in die bos. Paul en Tina Mouton. Hierdie 2.8TD Hilux was al die hele Afrika vol, en kan selfs die nuwe bakkies 'n ding of twee leer wanneer dit by rygerief en -vermoë kom, maar Mufasa, die Cruiser VX100 TD doen deesdae langpaddiens. Paul en Elize Mouton. Die ou kry so 'n salige uitdrukking op sy gesig elke keer wat hy in die Cruiser klim. En Mnumzane, die Hilex V8, het al Zendelingspos uitgedraf. Hank en Alma Nel. Henk het lank gesoek, en uiteindelik sy Jeep Cherokee Country raakgeloop. Werner Peters. Nou het ons twee bande-eksperts in ons midde. Bester en Alida Pretorius. Bester is nie bang om die Pajero of die Prado rerige lang pad te laat ry nie. Kobie en Michelle Roos. Sit vir Kobie en sy rooi V6 in die sand, en jy moet hom mooi vra om ander ook 'n beurt te gee. André en Shelley Scheepers. André beplan 'n ernstige speelmaat vir die Cruiser. Hou hierdie spasie dop.... Milton en Jeanne Slabber Uiteindelik is Buks se foto op die web. Ons moet maar wag dat Potberg en Gôg eers loop voor ons hulle foto's bysit... Oom Roy. Een van die mooiste SVM's in die land. Rerig. En Jan-Bloed, 'n turbodiesel Land Cruiser bakkie, sorg dat Borrie by die speelplekke kom. Dan is Saartjie, die Nissan Patrol, op gereedheidsgrondslag vir die langpad. As oom Roy nou net wil modder toe met Borrie........ Die Stapelbergs: Gerhard het 'n Land Cruiser én 'n Land Rover! Hy hou vol dat albei hulle sterk en swak punte het. Mmmmm... Nic en Aletta Stephansen Nic kyk gewoonlik eers die kat goed uit die boom voordat hy lostrek. En dan raak dit rof! Die Van Zyls en hulle Hilux. Duard, Mandie en die seuns is ook kranige boogskutters. Neil Wartington en Pop Rivet. Neil se Defender TD5 het die nare gewoonte om laatnag in die moddergate in te karring. Onverklaarbaar. En lyk my die Discovery 4 begin nou ook die kwaal ontwikkel...
|
Stuur e-pos aan
info@pr4x4.co.za met vrae of opmerkings
oor hierdie webtuiste.
|